2 kamers house van 500m² in Siyancuma Local Municipality

South Africa

9,950 R / month

Rental period: Unlimited
Available from: ASAP

2 bedroom house to rent in Kleinfontein Ah

Is jy moeg vir die lewe in die Stad? Kom bly in Kleinfontein wat geleë is net buite Pretoria-Oos en geniet ‘n gesonde leefstyl in ‘n landelike atmosfeer terwyl jy steeds naby genoeg is aan alle geriewe byvoorbeeld Hospitale, Winkelsentrums, Skole ens. Kleinfontein is geleë bo-op die Magaliesberg met 'n panoramiese uitsig na die Bronberge. Hierdie pragtige woning wat geleë is in die baie gesogte Troupandlaan in Kleinfontein bied die volgende: asemrowende uitsig, 2-slaapkamers, 1.5 badkamers, 2 X leefareas, 'n pragtige tuin met 1 X 5,000 liter water tenk, 'n sonkrag-batterystelsel (5KVA) en 1 X motorhuis. Kleinfontein is 'n eksklusiewe, Afrikaner Kultuurdorp en bied die volgende: ‘n Wildpark, Tennisbaan, Rugbyveld, Winkelsentrum, Sorgsentrum en Natuurlike Damme. Eiendom in Kleinfontein is te koop in die vorm van ‘n Aandeleblokskema. Volgens Wikipedia word ‘n Aandeleblokskema beskryf soos volg: “'n Aandeleblokskema is 'n vorm van eiendomsbesit in Suid-Afrika. In 'n Aandeleblokskema het eienaars sekere gebruikersregte op bepaalde blokke van eiendom in hul besit, terwyl 'n aandeleblokmaatskappy die hele eiendom besit. Die eienaars is aandeelhouers van hierdie aandeleblokmaatskappy en die gebruikersregte op 'n bepaalde deel van die eiendom is verskans in hul aandele.” MEER INFORMASIE OOR AANDELEBLOKSKEMAS (WIKIPEDIA) Wat is ‘n Aandeleblokskema? 'n Aandeleblokskema is 'n vorm van eiendomsbesit in Suid-Afrika. In 'n aandeleblokskema het eienaars sekere gebruikersregte op bepaalde blokke van eiendom in hul besit, terwyl 'n aandeleblokmaatskappy die hele eiendom besit. Die eienaars is aandeelhouers van hierdie aandeleblokmaatskappy en die gebruikersregte op 'n bepaalde deel van die eiendom is verskans in hul aandele. Geskiedenis: Aandeleblokskemas is in die 1970s en 1980s ontwikkel en is gereguleer met die Wet op die Beheer van Aandeleblokskemas, wet 59 van 1980. Die doel is om die ontwikkeling van gedeelde eiendom te vergemaklik, aangesien die ontwikkeling van gedeelde eiendom in 'n deeltitelskema moeiliker was. Voordele van 'n aandeleblokskema: Aandeleblokskemas word veral gebruik om die eienaarskap van woonstelle in woonstelblokke te reël. Soms word aandeleblokskemas ook gebruik om die eienaarskap van landgoedere, privaat dorpe of sekuriteitskomplekse te reël. Alle voornemende Kopers is onderhewig aan ‘n Verblyf reg-keuringsproses. Besoek gerus Kleinfontein se webwerf vir meer informasie. Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks, ongeveer 26 km Suid-Oos van Pretoria (naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton) op die Historiese Terrein. Kleinfontein is gelukkig om baie natuurlike hulpbronne te hê wat benut kan word bv water, son en wind. Kom kuier gerus vir ons in Kleinfontein!

Property type

house

Rooms

2

Size

500 m²

Price

9,950 R

Rental period

Unlimited

Map

South Africa

Loading map

Landlord

Verified by Findallrentals

Last active: 1 day ago

Related listing in Siyancuma Local Municipality

3 kamers house van 850m²

South Africa

8,000 R / month

3 kamers house van 76m²

South Africa

8,000 R / month

3 kamers house van 86m²

South Africa

8,000 R / month

Explore property rental searches nearby